Frans Kook | Woensdag 13 Julie 2022 | Turkse lekkers

Thanks! Share it with your friends!

You disliked this video. Thanks for the feedback!

Added by
71 Views
“I'd trade all of my tomorrows, for a single yesterday” sing Kris Kristofferson nostalgies oor die radio in sy 1969 teffer, “Me and Bobby McGee”, en ek dink onwillekeurig aan nostalgie. As jy dalk wonder wat nostalgie beteken, dit is ‘n samestelling van twee Griekse woorde: “nostos”, wat beteken om huiswaarts te keer, en “algos”, wat “pyn” beteken. Nostalgie is dus die hartseer of pyn wat jy ervaar as jy in jou herinneringe na die verlede terugkeer. Vir my gunstelingresep van die week, maak ek maklike TURKSE LEKKERS, of Turkish Delight soos ons dit in Engels ken. Ek onthou hoe ek as kind op my Ouma Sannie se plaas Gruispan, net buite Hoopstad, saam my broer en susters haar TURKSE LEKKERS uit die kombuiskas gegaps het! Hier is haar resep.
Category
Kris Kristofferson
Commenting disabled.